Banting burger

Ek en manlief is nou ‘n jaar op die Banting-leefstyl. Ja ek sê leefstyl, want dit is nie ‘n  dieet nie, maar wel ‘n leefstyl. Ek het by ‘n vriendin daarvan gehoor en toe ek een middag na werk by die huis kom en sien my man het al die kos in die huis wat suiker en stysel bevat weggee, het ek besef hy is ernstig hieroor. Nou, na ‘n jaar is nie een van ons spyt nie en met die lente en amper somer wat aanbreek, moet ons ook nou meeste van sy kortbroelke vervang – met ‘n heelwat kleiner nommer! En sy bloeddruk pille? Iets van die verlede, en ja, die dokter het bevestig, dat hy dit kan los oor sy beter eetgewoontes.

En nou deel ek graag die resep met julle.

Banting hamburger

Tuisgemaakte patty (200 g maalvleis, 1 eier, speserye na smaak en as jy dit wil rek, meng fyngemaalde sonneblomsaad by), bedien op blaarslaai met tamaties, sampioene, kaas, roomkaas en as jy wil ‘n skyfie vars pynappel – maar nie te veel pynappel nie, dit is op die oranje lys! Geniet dit.

Banting burger

Banting burger

Advertisements

Banting soup

Serves: 6

Ingredients

50 g butter
100 g finely sliced biltong
6 leeks, thinly sliced
1/2 t freshly ground coriander seeds
1 ml nutmeg
3 small sweet potatoes, peeled and cut into cubes
1 medium potato, peeled and cut into cubes ( replace with another sweet potato, if you are banting)
1.25 L cold* vegetable stock
+- 125 ml cream
Salt and pepper to taste ( go easy on the salt)
Biltong shavings for garnish

Method

In a large pot, heat the butter until bubbling. Add 1/2 the biltong, the leeks and spices and sauté until fragrant.
Add the cubed sweet potatoes/potatoes and sauté for a minute, then add the cold stock. Cover a bring to a gentle boil.  Simmer gently for +- 35 -40 minutes or until the potatoes are soft.
Place in blender with the cream and remaining biltong and blitz until smooth. Add more cream or stock for a thinner consistency.
Season to taste.
Serve hot with crumbled blue cheese and crusty bread. Garnish with some biltong shavings.

* Although cold stock takes longer to get to the boil, it draws out  the flavour from the ingredients(biltong, leeks etc.) into the liquid(stock) making a more flavoursome soup.

sweet potato

Source: http://www.my-easy-cooking.com/2014/05/14/sweet-potato-leek-biltong-soup/


Low carb spaghetti

1 2 3 4

Na ‘n lang gesoek deur al wat ‘n winkel is, het ons uiteindelik die  groente snyer opgespoor, nogal die laaste een op die rak. In ons skik met die nuuste gadget in ons kombuis, ry ons na die naaste winkel wat murgpampoen verkoop en koop sommer twee pakke.

So hier is hoe maklik dit is om low carb spaghetti te maak.

Sny 4 medium tot groot murgpampoene met groente snyer en braai in pan in botter en klein bietjie water in ‘n pan. Plaas in ‘n bak wanneer gaar. Braai dan uie, maalvleis en ‘n halwe pakkie opgekapte sampioene. Meng een blikkie tamatie en uie in. Verhit pampoen en skep maalvleis mengsel bo op. Sprinkel gerasperde kaas oor en geniet.

Kapok-blomkool in ‘n kits

caulimash

Hierdie is een van die basiese resepte vir Low-Carb.

So wat het jy nodig?

1 blomkoolkop

2 eetlepels botter

100 ml room

Sout en peper na smaak

125 ml gerasperde kaas (opsioneel)

Wat moet jy doen?

Breek die koolkop in klein stukke, plaas in mikrogolfoondbak en maak vir so 4-5 minute in ‘n bietjie water in mikrogolfoond gaar. (Jy kan dit ook opkook op die stoof, maar ek verkies die vinnigste manier). Wanneer die kool gaar is, gooi dit in ‘n menger (blender / stick blender) en voeg res van bestandele by totdat dit ‘n sagte tekstuur het. Jy kan ook ‘n bietjie pietersielie ingooi – ek verkies my eie varsgeplukte pietersielie uit my tuin.

Jy kan hierdie gebruik vir herderspastei of as bykos by enige ander geregte.

Maklike ontbyt muffin

image1

My man het  gister op hierdie lekker vinnige resep afgekom om die Low Carb-ontbyt ‘n bietjie op te kikker.

So wat het jy nodig om ‘n eier-muffin?

1 teelepel botter
1 teelepel klapper
1 eier
½ teelepel bakpoeier
1 ml sout

Meng alles in ‘n beker en plaas in mikrogolfoond vir 90 sekondes. (ja so vinnig!)

Nou kan jy vir jou spek, worsies en eier maak om saam met die eier-muffin te eet.

Dit is nou vir jou maklik, geniet!

Plaatkoekies met ‘n kinkel

Low Carb flapjacks

So vandag deel ek een van my gunsteling Banting resepte. Ek is absoluut mal hieroor en dan is dit nog lekker maklik en vinnig ook.

Bestandele:

2 eiers

1 Piesang

1 teelepel suikervrye neutbotter.

Gooi alles saam in ‘n bak en meng tot gladde mengsel met klitser.

Verhit pan en bak soos wat jy gewoonlik plaatkoekies sal bak.

Nou vir die lekker:

Jy kan dit eet met die volgende (wat ek al alles beproef het)

Heuning en neute (veral fyn amandels is heerlik)

of

Heuning, gerasperde kaas en spek

of

smelt 2-3 lint sjokolade met ‘n bietjie room en melk en roer tot ‘n gladde sjokolade sous. Gooi dan sous oor plaatkoekies en sprikel fyn amandel oor.

of

bak eier en sit bo op 2-3 plaatkoekies, maak ‘n sampioensous van room en sampioen en ‘n bietjie botter en gooi bo oor. Dit klink dalk vreemd, maar ons het dit geleer in ‘n restaunrant met ons vorige vakansie en het dit ook by die die huis beproef. Dit is regtig lekker.

Laat weet gerus watter interessante kombinasies julle dalk al probeer het.

Groete en lekker eet.

Hoekom moet dit heeltyd my beurt wees?

Liewe Eskom,  Ek skryf om te sê hoe teleurgesteld ek is, veral vandag. Ek weet en ja ek probeer verstaan dat daar n krisis is en iewers moet iets weer reggemaak word. My probleem is, ek is vars van vakansie af, toe tref griep my, ek beland by die dokter en word afgeboek nog voor ek kon terug gaan werk toe. Ek lê toe in die bed soos die dokter aanbeveel het, maar ‘n mens kan ook net soveel slaap en wat gebeur elke keer wanneer ek dan wakker word, n koffie wil maak om dan rustig ‘n bietjie TV te kyk? Beurtkrag. Ek verdra dit maar, want lets face it (soos my ouma sal sê), ek het nie ‘n keuse nie. Ek trek n boek nader en voor ek my oë uitvee is dit tyd om aandete aanmekaar te slaan, maar wat gebeur? Beurtkrag. Vandag dat ek terug is by die werk nà my gehoes en proes, kon ons ‘n bietjie vroeër huistoe gaan. Op pad huistoe onthou ek van ‘n resep wat ek wil maak uit my nuwe kookboek en ek verjaar môre so ek moet elkgeval ‘n paar eetgoedjies maak vir die familie wat oor kom. Ek trek soos gewoonlik my kar in, maak die buitedeur vir my worshondjies oop, skop skoene uit, was hande, kry die resepte en daar trek ek los…sny en roer en meng en proe….nou…oond toe! Ewe in my skik sit ek terug op die rusbank vir net so ‘n minuut voor ek verder gaan bak…en toe? Beurtkrag. Regtig, hoekom moet dit die heeltyd my beurt wees?