Maklike gemmerbier vir die warm dae

Image

Lekker yskoue gemmerbier met Jamaika gemmer

Die somerson met sy vreeslike warm dae is beslis nou hier. Ons almal soek kort-kort na iets lekker yskoud om ons af te koel. Wel, hier het ek ‘n lekker maklike gemmerbier resep ontdek om te help vir die hitte. Probeer dit gerus!

Bestanddele:

‘n Groot emmer met deksel wat lugdig sluit

7 x 750ml louwarm water (5¼ liter)4½ koppies suiker

10ml Lennons se Jamaika-gemmer

10ml kitsgis (korrelsuurdeeg)

Metode:

Meng 10ml suiker en die 10ml kitsgis in ’n ½ koppie  louwarm water. Laat staan vir 10 – 20 minute totdat dit begin borreltjies maak. Voeg die suiker by die louwarm water in die emmer en roer ongeveer 3 minute sodat al die suiker opgelos is. Voeg die Jamaika-gemmer en die water-, suiker- en kitsgismengsel by die suikerwater en roer baie goed. Voeg die rosyne by en roer weer deur. Plaas deksel op die emmer en laat dit op ’n warm plek staan om te gis. Op ’n warm somersdag is sowat 6 ure in vol son oorgenoeg.

- Onthou net om elke nou en dan die lug uit te laat, anders skiet die deksel af en jou gemmerbier is daarmee heen.

Gooi die gemmerbier in houers en plaas onmiddellik in die yskas om die gisproses te staak.

 

About these ads

2 thoughts on “Maklike gemmerbier vir die warm dae

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s